WAT IS ’N GEBEDSENDELING?
Om verlore siele te bereik met die evangelie van Jesus Christus is hoofsaaklik drie dinge nodig: 1) Iemand moet fisies na die mense gaan. 2) Iemand moet die bediening dra deur gebed. 3) Daar is fondse nodig vir die bediening.
Ons betrokkenheid by Witbank Huis van Gebed, maak ons deel van die groep mense wat sendelinge in die sendingveld deur gebed ondersteun. Ons spandeer minstens 4 ure per dag in die “prayerroom” waar ons met gebed en aanbidding intree vir verskeie sake. Daarom dat ons “gebedsendelinge” is. Van ons ander verantwoordelikhede sluit in: Om vakke vir die Joshua Jaar studente te fasiliteer; Aanbied van dissipelskapgroep op Dinsdagaande; Om op Donderdag aande ’n geestelike verrykingskursus aan te bied; Voorbereiding vir gebed- en aanbiddingsessies.
Net soos enige ander sendeling het ons ook finansiële ondersteuning nodig. Aan die einde van hierdie nuusbrief is inligting wat jy benodig indien Vader dit op jou hart druk om ons finansieel te ondersteun. (Baie dankie, indien jy ons reeds ondersteun!!)
JOSHUA JAAR STUDENTE 2021:
Die Joshua jaar vir 2021 het bietjie later begin vanjaar weens die feit dat die Matriek Uitslae so laat gekom het. Daar is vanjaar 3 Joshua jaar studente.
HARP & BOWL OPLEIDING IN POTCHEFSTROOM:
Ons dogter (Sherilee) is betrokke by Shofar Gemeente Potchefstroom. Sy het ons genader om die Harp & Bowl kursus by hul gemeente aan te bied vir hulle “worship teams” en mense wat betrokke wil raak by hulle gebedsbyeenkomste. Ons het die kursus op 18 en 19 Maart 2021 daar aangebied.
Die Harp & Bowl Model is ’n model wat gebruik word om aanbidding (Worship) en gebed te kombineer. Die beginsel kom uit Openbaring 5:8.
HOE GAAN DIT MET ONS?
Ons gesin is almal gesond. Petrus is steeds betrokke by Edu Drive om in al sy oop tye bestuurslesse aan te bied om inkomste aan te vul. Ons vier op 14 April ons jongste (Angelique) se 21e verjaardag, op 22 April ons 2e jongste (Gerhard) se 23e verjaardag en op 30 April ons skoonseun (Pienaar) se 27e verjaardag.
ONS HET JOU ONDERSTEUNING NODIG
Ons wil jou graag uitnooi om met Vader te praat oor wat jy hier gelees het, en om by Hom te hoor of, en hoe jy ons kan ondersteun. Ons benodig 2 tipes ondersteuning:
a) Bid vir die werk wat ons doen:
en/of
b) Ondersteun ons finansieel. Ons finansiële behoefte sentreer tans grootliks rondom normale lewensbehoeftes (Huispaaiement, petrol, kos ens.), asook die studie gelde en boeke van ons studente kinders. (Angie se klasgelde en verblyf word deur NSFAS gedek, maar ons moet Gerhard se verblyf en die helfte van sy klasgelde , asook handboeke vir albei, betaal.)
Indien jy voorbidding wil doen, bid asb. vir die volgende sake:
- Dat Vader finansieel sal voorsien in ons persoonlike behoeftes, daagliks en maandelikse uitgawes.
- Ons bediening in Puros Bediening (gemeente), sowel as ons werk as gebedsendelinge by Witbank Huis van Gebed.
Finansiële ondersteuning: Finansiële ondersteuning kan op twee maniere geskied.
- Jy kan ’n bedrag eenmalig inbetaal.
of - Jy kan ons maandeliks ondersteun en onderneem om elke maand ’n bedrag in te betaal. Dit hoef nie ’n groot bedrag geld te wees nie en kan byvoorbeeld R 100 ’n maand wees.
Enige ondersteuning sal baie waardeer word. Gebruik asseblief die volgende bankbesonderhede:
Rekening houer: Witbank Huis van Gebed
Bank: FNB
Tipe rekening: Tjek rekening
Rekening nommer: 62718897848
Takkode: 230146
Verwysing: HVG-PC
BAIE DANKIE:
Baie dankie aan elke persoon en/of gemeente
wat reeds saam met ons bid en aan elkeen wat finansieel in ons lewens in saai!
Maak gerus met ons kontak:
Indien jy enige navrae het, of indien ons vir jou en/of jou besigheid kan bid.
Kontak ons gerus by:
Petrus: 0834586563 epos: p.j.botha1832@gmail.com
Carlien: 0828750686