NATALIA UITREIK 2020:
Ek en Carlien was weereens die kosouers vir die uitreik. Ons was ‘n groep van 16 waarvan 12 jongmense was en het 18 Desember 2020 vertrek en was weer 4 Januarie 2021 terug in Witbank. Ons het baie goeie terugvoer van vakansiegangers gekry. Die span het baie hard gewerk. Vir die eerste keer kon ons in die aande 21:00 tot middernag met die tieners werk. Vir die eerste keer was daar ‘n vakansie ganger wat ‘n bekeringsdoop ondergaan het, na verskeie gesprekke met Marais.
JOSHUA JAAR EN IHOPU GLOBAL STUDENTE 2020:
Die Joshua jaar vir 2021 het bietjie later begin vanjaar weens die feit dat matriekuitslae eers einde Februarie bekendgestel is. Ons vertrou egter dat daar dalk nog ‘n paar mense sal aansluit by die groep. Die afsny datum is 21 Maart om deel te word van die groep.
Daar is ook twee 1e jaar en twee 2e jaar studente wat IHOPU doen. (Dit is ‘n 4 jaar kursus wat deur die Universiteit van International House of Prayer in Kansas City in Amerika “online” aanbied.) Witbank Huis van Gebed is ‘n “Education Location” vir IHOPU. Die studente studeer “online” maar doen al hulle praktiese ure by Witbank Huis van Gebed.
Die Here het ons gelei om ons huis oop te maak vir een van die eerstejaar studente wat IHOPU Global doen, wat verblyf benodig het. Ons het dus vanjaar ‘n ekstra kind in ons huis.
PLUMBLINE:
Ek en Carlien het die voorreg gehad om as intersessors saam te gaan op ‘n Plumbline kursus vanaf 15-21 Februarie 2021. Dit is ‘n karakter restourasie kursus waar die Here diep seer kom gesond maak. Daar was agt mense wat bedien is en die Here het só mooi genees en herstel.
ONS STUDENTE KINDERS:
Ons seun, Gerhard doen vanjaar sy Honneurs graad in Geologie en Angelique (ons jongste) is 2e jaar Biokinetika, albei studeer in Potchefstroom.
Sherilee het haar na graadse sertifikaat in onderwys voltooi en so ook haar studies van 5 jaar afgehandel.
’N HUWELIK IN DIE BOTHA GESIN:
Op 12 Desember 2020 het ons tweede oudste, Sherilee, se van verander na Labuschagne, nadat sy en Pienaar in die eg verbind is.

Die dag van hul verlowing
PUROS BEDIENING:
Ons byeenkomste het 7 Junie 2020 hervat en ons is dankbaar dat ons mense weer bymekaar kan kom op Sondag oggende. Ons neem die dienste op en stuur dit per whatsapp aan mense wat weens die “lockdown” eerder verkies om tuis te bly weens die Covid 19 risiko.
Petrus is steeds betrokke by Edu-Drive bestuurskool, deur bestuurslesse te gee vir bietjie ekstra inkomste.
ONS HET JOU ONDERSTEUNING NODIG
Ons wil jou graag uitnooi om met Vader te praat oor wat jy hier gelees het, en om by Hom te hoor of, en hoe jy ons kan ondersteun. Ons benodig 2 tipes ondersteuning:
a) Bid vir die werk wat ons doen:
en/of
b) Ondersteun ons finansieel. Ons finansiële behoefte sentreer tans grootliks rondom normale lewensbehoeftes (Huispaaiement, petrol, kos ens.), asook die studie gelde en boeke van ons studente kinders. (Angie se klasgelde en verblyf word deur NSFAS gedek, maar ons moet Gerhard se verblyf en die helfte van sy klasgelde , asook handboeke vir albei, betaal.)
Indien jy voorbidding wil doen, bid asb. vir die volgende sake:
- Dat Vader finansieel sal voorsien in ons persoonlike behoeftes, daagliks en maandelikse uitgawes.
- Ons bediening in Puros Bediening (gemeente), sowel as ons werk as gebedsendelinge by Witbank Huis van Gebed.
Finansiële ondersteuning: Finansiële ondersteuning kan op twee maniere geskied.
- Jy kan ’n bedrag eenmalig inbetaal.
of - Jy kan ons maandeliks ondersteun en onderneem om elke maand ’n bedrag in te betaal. Dit hoef nie ’n groot bedrag geld te wees nie en kan byvoorbeeld R 100 ’n maand wees.
Enige ondersteuning sal baie waardeer word. Gebruik asseblief die volgende bankbesonderhede:
Rekening houer: Witbank Huis van Gebed
Bank: FNB
Tipe rekening: Tjek rekening
Rekening nommer: 62718897848
Takkode: 230146
Verwysing: HVG-PC
BAIE DANKIE:
Baie dankie aan elke persoon en/of gemeente
wat reeds saam met ons bid en aan elkeen wat finansieel in ons lewens in saai!
Maak gerus met ons kontak:
Indien jy enige navrae het, of indien ons vir jou en/of jou besigheid kan bid.
Kontak ons gerus by:
Petrus: 0834586563 epos: p.j.botha1832@gmail.com
Carlien: 0828750686